top of page

BIOGRAFIE

 

Dian is ‘n jong dinamiese jong man.  Hy het sy skoolloopbaan voltooi in Potchefstroom en daarna gaan studeer by die Noord-wes universiteit. 

​Hier word hy deel van minige produksies en ‘musicals’ waaronder hy rolle soos Oliver Twist vertolk. 

Nadat hy gegradueer het verhuis hy na Centurion om sy solo loopbaan af te skop.  Met behulp van Wouter van de Venter begin Dian werk aan sy debuut album ‘Geheime’.  Die album bestaan uit oorspronklike snitte geskryf met behulp van Wouter en Pieter Smit.  Dit word geklassifiseer as ‘n kontemporêre pop/rock album en alle ouderdomme vind aanklank by die styl en lirieke.

Met sy oorspronklike snitte en ‘covers’ wat hy lewer met sy lewendige vertonings waarborg Dian nie net dat sy gehoor se voete juk nie maar ook dat hy hulle hartsnare roer met sy betowerende stem.  Hy het al verhoë gedeel met die room van SA se musiekbedryf en is verseker besig om ‘n huishoudelike naam te word.

bottom of page